Page 5 - Spilpunt Mrt/Apr 2016
P. 5

SEEWIER as spek
Navorsers het
’n seewier ontdek
wat, as dit gebraai word, net soos spek
smaak. Hierdie wier is ook by verre die gesonder
opsie, aangesien dit twee maal soveel voedingswaarde as kool het, proteïenryk
en vol antioksidante en vitamiene is. Die wonderkos groei aan die kus van beide die Atlantiese en Stille Oseane en lyk byna soos deursigtige rooi blaarslaai. Die seewier word tans verbou deur ’n universiteit in Amerika en hulle oes omtrent 9 tot 14 kg seewier per week. Navorsers wat betrokke is by die kom- mersialisering van hierdie produk is vas oor-
tuig dat diegene wat nie weet dat hulle see- wier eet nie, sal dink dat hulle aan spek
smul.
www.oregonstate.edu (Julie 2015)
’Spiderman’ toe eerder geitjieman
Onlangse navorsing het bewys dat geitjies die grootste diere is wat
teen gladde, vertikale mure kan opklouter. Navorsers is van
mening dat ’n dier wat selfs net bietjie groter as ’n gei- tjie is, onhanteerbare groot
’plakkers’ aan sy voete sal moet hê om teen ’n muur te
kan vassit. Sulke klouvoete sal omtrent 40% van die
grootte van die oppervlakte van ’n mens se lyf moet wees om soos Spiderman teen ’n muur te kan opklouter, omdat die oppervlak wat klewerig moet wees, toeneem namate die grootte
en gewig van die liggaam toeneem. Dit beteken dat Spiderman in die werklike lewe onmoontlike groot, klewerige voete sal moet hê om sy akrobatiese truuks te kan uithaal.
www.cam.ac.uk (Januarie 2016)
In lyn met die boer
Inhoud
2 Druppels
4 Uit die Spilpen; Ons mense, ons projekte
6 Irrigationtestscontributetoefficientirrigation
10 Rioolbesoedeling – die invloed op landbou 14 Gemete drakrag maak mag
18 Oorleef die lang, maer winter só
22 Koringluise–dieraaiselwordontrafel
26 Suikerbone:Kosteberaming
28 Voedingonontbeerlikvirdieteelvanwild 32 Doen slim inkopies
34 The ins and outs of labour disputes
38 Boerboele – ideale plaashonde
42 Bespaar water in jou tuin
Rig navrae oor verspreiding, adresverandering en subskripsie aan media@mgk.co.za.
REDAKSIE
MGK mediakantoor en BigDoor Brand Design and Communication. E-pos: spilpunt@bigdoor.co.za, media@mgk.co.za.
UITGEWER
BigDoor Brand Design and Communication, Posbus 2779, Brooklyn Square, 0075. Brooksstraat 258, Brooklyn, 0181.
Tel: 012 362 1385 Faks: 012 362 0113 E-pos: spilpunt@bigdoor.co.za
KOPIEREG
Alle regte voorbehou. Voorblad: Shutterstock
VRYWARING
Spilpunt is ’n inligtingsblad wat tweemaandeliks deur MGK Groep saamgestel en uitgegee word. MGK en die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir aansprake wat in enige advertensies gemaak word nie en vereenselwig hom nie noodwendig met die menings en aanbevelings van derdes wat in artikels in Spilpunt verskyn nie. MGK Groep en BigDoor sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade wat gely kan word na aanleiding van enige inligting wat in Spilpunt gepubliseer word nie.
MAART | APRIL 2016 | 3


































































































   3   4   5   6   7