Page 4 - Spilpunt Mrt/Apr 2016
P. 4

Boklam- oppasser
Al ooit gewonder wat die vereistes sou wees indien jy daarin belangstel om ’n bokherder te word? ’n Plaas in Virginia, VSA, het
onlangs vakante poste vir boklam-oppassers geadverteer en hulle was oorweldig deur die getal aansoeke wat hulle ontvang het. Die
enigste vereistes waaraan die voornemende werknemers moes voldoen, was die vermoë om 25 kg te kan optel en ’n liefde vir bokke. Die oppasser se pligte behels die voer en melk van die
bokke, die skoonmaak van stalle en melkerye en om na die bokke se algemene gesondheid om te sien.
Ou koeie
kan nuwe lesse geleer word
Baie mense het ’n soettand en dit is blykbaar ook
die geval by koeie. Op ’n melkplaas in Oregon, VSA, moes ’n boer vinnig plan maak om sy lekkerbekkige Jersey-koeie te kry om ’n bitter onkruid (Rumex cripus) te eet, om te verhoed dat die plant al sy weiding inneem. Die boer het besluit om weegbree (’lamb’s tongue’ of ’European plantain’) en sigorei aan te plant, aangesien dit bietjie soeter as die onkruid is. Die koeie
het dadelik aan hierdie plante begin smul en tot die boer se verbasing sommer die onkruid saam geëet. En nadat die soeter weiding
opgeëet is, was die koeie dood- gelukkig om die onkruid sonder
’versoeters’ te eet. Vol- gens ’n Amerikaanse
’lewende hawe-opvoe- der’ kan koeie op hier-
die manier gekondi- sioneer word om
onsmaaklike, dog voedsame
onkruide te eet.
www.modernfarmer.com (Januarie 2016)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
Robotslagters
Moderne slaghuise is hoogs gespesialiseerd en moet voldoen aan verskeie streng maat- reëls. Van die grootste slaghuise in die wêreld verpak tussen 300 tot 400 diere per uur, wat beteken dat werkers soos masjiene moet werk. En wanneer mens vinnig moet werk en skerp voorwerpe
is betrokke, stuur dit onafwendbaar op
’n paar ongelukke af. In Japan bestaan daar reeds, afgesien van masjiene wat hoenders ontbeen, ook robot-skaapont- beningsaanlegte. Wanneer dit kom by beeste slag, is dit egter nie so maklik nie, gegewe die grootte en gewig van die diere en die feit dat alle bees-
karkasse nie uniform is nie, maar navorsers is daarvan oortuig dat
’n robotbeesslagter ook binnekort hul menslike ewe-
knieë se taak gaan vergemaklik.
www.slate.com (Januarie 2016)
Foto: Gary Meek/Georgia Tech Research Institute
www.caromontcheese.com (Januarie 2016)


































































































   2   3   4   5   6