Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2016
P. 4

Druiwepitte vir die
gesondheidsbewustes
Verskeie studies het al die gesondheidsvoordele van wyn uitgewys, maar nuwe navorsing dui daarop dat die pitte van wyndruiwe ook jou gesondheid kan bevoordeel. Anders as by tafeldruiwe, word die druiwe wat in die maak van wyn gebruik word nie spesifiek gekweek om geen pitte te hê nie, aangesien dit in elk geval gepars gaan word. Hierdie pitte is skynbaar ’n goeie bron van ’goeie vet’ en proteïene en kan selfs LDL-cholesterol help verlaag, asook diabetes en vetsug help beveg. Pitte van verskillende wyndruifkultivars is getoets en daar is bevind dat die Chardonnay-kultivar die meeste flavonoïede en anti-inflammatoriese komponente bevat.
www.ars.usda.gov (November 2015)
Hoenders wat die riel dans
In die verlede was hoenders ’n groot aantrekkings- krag by sommige pretparke in Amerika. Party het klavier gespeel, terwyl ander speletjies gespeel, of fyntjies getrippe-trappe-trone het. Die optredes was egter ’n voortvloeisel uit ’n navorsingsdoelwit wat
’n bietjie meer gewigtig was as optredes in pretparke. Die befaamde sielkundige, B.F. Skinner, het in 1941 sy teorie van positiewe versterking, om gewenste vaar- dighede aan te leer, op diere begin toets. Die teorie het meriete gehad en ’n jong egpaar wat saam met hom gewerk het, het dit later ingespan om die diere op hul plaas sekere gedrag aan te leer. Hierdie vaar-
dighede is in ’n verskeidenheid plekke en omstan- dighede ten toon gestel – vandaar die hoenders se uiteindelike toe-
trede tot die vermaaklik- heidswêreld.
www.modernfarmer.com (November 2015)
Slak-kaviaar?
Vir ’n gronderige smaak met
’n sweempie van gras en sam-
pioene, geniet gerus slakkaviaar.
Hierdie lekkerny word toenemend
gewilder in Europa en die delikate wit
eiers word op menige vingerhappie bedien. Dit is nie kinderspeletjies om die slak-eiers te versamel nie, maar teen omtrent €160 per kilogram is dit beslis die moeite werd.
Slakke was al sedert 756 v.C. gewild onder die rykes van die Romeinse Ryk. Tans is die Italianers die voorloper genieters van slakke – 40 000 ton
per jaar (teenoor die Franse se skamele 30 000). Met verloop van tyd
het die Europese palet sodanig ont- wikkel dat slak-eiers
ook nou as ’n onbe- twisbare delikatesse
gereken word.
www.lalumacamadonita.it (November 2015)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6