Page 4 - Spilpunt Nov/Des 2015
P. 4

D
i
’n Kwynende vrees vir mense kan die rede wees waarom hedendaagse makgemaakte diere se repro- duktiewe vermoë ver bo dié van hulle voorsate is. Mense het ongeveer 8 000 jaar gelede begin om
diere mak te maak vir boerderydoeleindes, en hoe makker die diere geword het, hoe meer het hulle geproduseer. Navorsers het hierdie teorie getoets deur die produksie- vermoë van wilde hoenders te monitor deur uit elke generasie (vir vyf generasies) die makste nageslag te kies. Hulle het ook wilde hoenders wat baie bang is vir mense, geteel. Na slegs vyf generasies het die hoenders wat al hoe makker geword het, ’n vinniger metabolisme en hoër voeromset getoon, al het hulle minder geëet
as die bang hoenders. Hulle het ook groter eiers gelê.
www.liu.se (September 2015)
Di
i
i
e hoende
ie
e
e
e
e
e
e
er
r
r
r
r
r
s
s
s
i i
i
i
n
n
n
n
In die pekel
Die samevloeiing van waterbronne waarvan die soutinhoude verskil,
soos waar ’n rivier in die see uitmond, kan ingespan word as ’n hernubare bron van elektrisiteit. ’n Proses genaamd druk- vertraagde osmose (DVO) word ingespan om hierdie samevloeiing in elektrisiteit te omskep. DVO-tegnologie behels ’n semi- deurlaatbare membraan wat die vloei van waterbronne met verskillende soutinhoude skei. Hierdie oplossing wek elektrisiteit op wanneer ’n turbine die druk van die oplos- sing verlaag. Dieselfde beginsel kan toe- gepas word in soutmere en sout grond- water. Die pekelwater wat gewoonlik tydens die ontsoutingsproses in ont- soutingsaanlegte afgeskei word,
kan ook gebruik word vir hierdie energieopwekkingsproses.
www.griffith.edu.au (September 2015)
Die aakligste plek om deur ’n by gesteek te word, is...
’n Wetenskaplike van Cornell Universi- teit het sy liggaam en gesondheid op die spel geplaas ten einde vas te stel op watter deel van ’n mens se ana- tomie jy liefs nie deur ’n by gesteek wil word nie. Hierdie dapper man het 25 verskillende bysteke op 25 verskil- lende dele van sy lyf verduur, inslui- tend die onderarm, die agterkant
van sy nek en selfs op baie intieme gedeeltes, net om vas te stel dat
’n bysteek die seerste maak in mens se neusholte. Vir sy navorsing het hy die Ig Nobelprys gewen, wat toegeken word vir ongewone eksperimente wat mense eers laat lag en dan ’n bietjie dieper laat nadink.
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
www.cornell.edu (September 2015)


































































































   2   3   4   5   6