Page 4 - Spilpunt Mei/Jun 2015
P. 4

Koffiekoppies wat blom
Die wêreld se eerste ’plantbare’ koffiekoppie maak die wêreld ’n mooier plek in plaas daarvan om bloot ekstra rommel te veroorsaak. Hierdie bio-afbreek- bare, herwinbare koppie is só ontwerp dat saadjies daarin gestoor word. Nadat jy jou koffie geniet het, torring jy die koppie los, laat dit vir vyf minute in water lê en daarna kan jy dit plant en toekyk hoe
jou blommetjies groei. Die koppie breek binne 180 dae af, hetsy dit geplant word of in ’n stortings- terrein beland. Dié koffiekoppie is deur Alex Henige ontwerp toe hy nog ’n student was, en sy maatskappy, Reduce. Reuse. Grow., het al meer as 140 000 koppies verkoop.
www.planttrash.com
Bokke help
Google om
groen te gaan
’Uriniteit’
Die Universiteit van die Weste van Engeland het urinale geïnstalleer wat urine gebruik om krag te verskaf vir binnenshuise belig- ting. Dit werk so: urine word gebruik om mikrobiese brandstofselle te ’voer’ en hierdie selle wek elektrisiteit op. Die urine verskaf biochemiese energie aan die mikrobes om te groei en te vermeerder
en dit is hierdie vermeerderingsproses wat die elektrisiteit opwek. Aangesien ’n beraamde 3 500 biljoen liter mens- like urine jaarliks wêreldwyd gepro- duseer word, is dit ’n uiters vol- houbare bron van energie. Die ontwerpers meen dat die
uitvindsel die potensiaal het om in vlugtelingkampe gebruik te word om lig te verskaf.
www.uwe.ac.uk (Maart 2015)
’
’
’
Google se Mountain View-hoofkwartier in Kalifornië het besluit om die geraas- en lug- besoedeling van die diesel-aangedrewe gras- snyers, wat die grasvelde rondom die kantoor
in toom hou, uit te sny. Dié soekenjin het besluit om ’n span boerbokke te huur om die instandhou- dingstaak te verrig. ’n Herder bring ongeveer 200 bokke wat vir ’n week die gras vreet en sommer tegelykertyd die veld bemes. Hierdie ’tuindienste’ kos Google omtrent dieselfde as om die gras te laat sny en die werknemers meen dat die bokke baie ouliker is om na te kyk as grassnyers.
www.googleblog.blogspot.com
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6