Page 9 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 9

maande. Japanese radys is ’n ou bekende, wat vanaf Februariemaand aangeplant word en uitgegroei word tot en met die winter, wanneer dit as ’n voerbank benut kan word. Sodra Japanese radys oorgaan in blom, in Augustus- maand, neem die gewas se gehalte drasties af. Daarom is dit altyd beter om dit voor daardie stadium te probeer benut. MPT rape (’turnips’) is ’n alternatiewe opsie vir radys. Hoewel die gewas meer vog benodig, behou dit beslis sy kwaliteit tot later in die seisoen. Interval-rape is die bras- sica met die beste droogtetoleransie. Dit beskik oor ’n diep penwortel en het geen knol nie en gevolglik sit al die bio- massa in die stingels en blare. Interval is baie vinnig uit die blokke in vergelyking met ander brassicas en beskik ook oor ’n goeie hergroei solank daar voldoende vog beskikbaar is. Die vermorsing tydens beweiding is ook aansienlik minder met hierdie raap, wat dit ’n ideale weigewas maak.
Indien jy voldoende besproeiingswater tot jou beskikking het, is daar nie ’n weidingspesie wat beter gehalte in die koue maande produseer as eenjarige raaigras nie. Daar is twee verskillende tipes, naamlik Westerwold- en Italiaanse raaigras. Westerwold-raaigras beskik oor ’n goeie winter- aktiwiteit tydens ’n korter groeiseisoen. Dit is gewoonlik die ideale rotasiegewas saam met kuilvoermielies onder besproeiing, en het ’n groeitydperk van Maart/April tot einde September. Italiaanse raaigras het ’n aansienlik beter lenteproduksie en ’n langer groeiseisoen as die Westerwold- tipes. Die raaigras gaan eers in saad gedurende die vroeë somer en produseer oor die algemeen twee ton droë mate- riaal per hektaar meer as Westerwold-raaigrasse.
’n Goeie peulgewas om saam met eenjarige raaigras te vestig, is persiese klawer. Dit is ’n aggressiewe eenjarige klawer met vinnige hergroei, en dra ook by tot verhoogde weidingsgehalte.
Meerjarige gematigde weidings
Weens stygende vestigingkostes kyk al hoe meer boere na meerjarige gematigde weidings wat nie elke jaar van nuut af hervestig moet word nie. Dit vorm ook ’n goeie basis aan die hand waarvan ’n veeboer sy voervloei kan beplan. Die weidings kan baie lonend wees, solank dit benut word deur aktief-produserende diere en nie net vir onderhoud op volwasse diere nie. In die binneland verkies boere dikwels die gemak van grasmengsels om die produksie van die weiding meer eweredig deur die jaar te
versprei. ’n Meerjarige mengsel kan bestaan uit enige kombinasie van meerjarige- of basterraaigras, sagteblaar langswenk-
gras, kropaar-gras, phalaris, reddings-
gras, lusern, sigorei en meerjarige klawers. Vra gerus ’n weidings- kundige om vir jou ’n weidings- mengsel aan te beveel wat aangepas is vir jou klimaatsomstandighede, bestuurstelsel en voerbehoeftes.
Langswenkgras vorm gewoonlik die basis van die mengsel en is ook die gehardste van al die meerjarige gematigde grasse. Hierdie gras het die vermoë om ’n baie diep wortel- stelsel te ontwikkel, wat in ’n groot mate bydrae tot die plant se oorlewingsvermoë. Langswenk is ook baie goed aangepas vir versuiptoestande. Die nuutste variëteite in die mark staan bekend as sagteblaar langswenkgrasse, wat beskik oor ’n aansienlike verbetering in smaaklikheid, en gevolglik ook beter dierinname.
Kropaargras dien om die algehele smaaklikheid, asook die algehele produksie van die weiding oor die warmer maande te verhoog.
Alhoewel meerjarige raaigras swaarkry tydens ons warm somers, het dit in die meeste gevalle steeds ’n plek in hierdie mengsels. In teenstelling met die swenkgrasse
is meerjarige raaigras ’n vinnige vestiger. Dit help met onkruidonderdrukking en het ook ’n komplementerende uitwerking op swenkgrasse vanaf opkoms tot en met die eerste beweiding. Raaigras lewer weiding van ’n baie hoë gehalte en beskik ook oor ’n vinnige hergroeivermoë.
Rooi klawer vestig vinniger as wit klawer, maar laas- genoemde is weer sterker meerjarig.
Lae dormansie-lusernvariëteite het dikwels ’n spesiale plek in so ’n mengsel en help om die somerproduksie verder aan te vul. Peulgewasse in weiding bied verskeie voordele: dit verhoog die algehele verteerbaarheid van die grasse, verhoog ru-proteïen en bind ook natuurlik stikstof in die grond. Daarenteen is die moontlikheid van opblaas
’n gevaar wat daagliks bestuur moet word.
Shutterstock
Droëland haweraanplantings in die Suid-Vrystaat (foto: Barenbrug)
MAART | APRIL 2017 | 7


































































































   7   8   9   10   11