Page 8 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 8

Fokus op winterweidings en voervloeibeplanning
Melkkoeie in ’n meerjarige raaigras- en klawerweiding (foto: Barenbrug)
Na twee jaar van ongekende droogte in die somerreënvalgebied, is ons die afgelope seisoen werklik geseën met bo-gemiddelde reënval in die meeste streke. Vandaar seker die bekende gesegde ’So reg soos reën’! Terwyl meeste boere hierdie tyd van die jaar besig is om hooi te maak en bale uit te ry, is dit klaar weer tyd om aandag te gee aan herfsaanplantings en voervloeibeplanning vir die wurgmaande wat voorlê.
Eenjarige raaigras Eenjarige klawers Wortelgewasse
Korttermyn
Hawer Stoelrog Weiwieke Voererte
Korog Gars
Intensief
Baster raaigras Sigorei Voerbeet
Ekstensief
Meerjarige raaigras Wit en rooi klawers Lusern
Langtermyn
Kropaargras Langswenkgras Phalaris
Bromus (reddings- gras)
6 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
Douw Steyn, Barenbrug Suid-Afrika
Shutterstock
Die weidingsbedryf in Suid-Afrika is besig om deur ’n baie opwindende tyd te gaan met nuwe variëteite, konsepte en spesies wat gereeld vrygestel word. Produsente kry die geleentheid om die nuutste tegnologie op eie bodem te gebruik en sodoende optimale produksie te verseker.
’n Opsomming van die winterweidingsopsies tot jou beskikking lyk as volg:
Barenbrug-gewasklassifikasie volgens infrastruktuur en behoeftes
Eenjarige weidings
Vir eenjarige weidings op droëland met goeie grondvog is kleingrane ’n veilige opsie. Oorweeg hawer vir die vroeër aanplantings, en stoelrog (met sy beter koue-toleransie) vir later in die seisoen. Die kleingrane kan ook altyd met ’n peulgewas (weiwieke, voererte) gekombineer word om die opbrengs en gehalte van jou groenvoer te verbeter. Natuurlik geld hierdie opsies ook vir hooiproduksie onder besproeiing.
Wortel en knolgewasse speel deesdae ’n al hoe groter rol in meeste boere se voervloeibeplanning vir die winter-


































































































   6   7   8   9   10