Page 7 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 7

Ons MENSE Ons PROJEKTE
Obaro hou openingsfees vir Hartbeespoort- handelswinkel
Obaro het in Desember 2016 die deure van
hul 26ste handelswinkel, naamlik die van
Obaro Hartbeespoort, geopen. Ywerige
hengelaars, tuiniers en doen-dit-self-entoe-
siaste bestempel reeds die winkel as hulle
plek van keuse vir hul gereedskap- en toe- behorebehoeftes. Hierdie toevoeging tot die Obaro Groep is op 3 en 4 Maart met ’n verskeidenheid van interessante bedrywighede gevier.
Obaro is alombekend as ’n koöperasie wat in lyn is met die boer en die inwoners van Hartbeespoort sal verseker aanklank vind by die uitgebreide produk- reekse wat die handelswinkel bied. Obaro Hartbees- poort fokus op hengel, tuinbou, hardeware en troeteldierbenodighede.
’’n Handelswinkel in Hartbeespoort beteken dat ons een stap nader is aan ons missie om die boer se besigheid op elke plaas te wees. Obaro Hartbeespoort is ons 26ste handels-
Obaro Hartbeespoort in De Handelspost-sentrum, Beethovenstraat, Hartbeespoort
bekom,’ sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van die Obaro Groep.
Verskeie gassprekers, buitengewone promosiepryse en gelukstrekkings, uitstalings, demonstrasies en veel meer, het tot die feesvieringe bygedra.
Besoek Obaro gerus in De Handelspost-sentrum, Beethovenstraat, Hartbeespoort.
winkel waar boere in die area hul gunsteling produkte kan
Obaro is nou Aanlyn!
Vlnr: Theo Venter (Noordwes-Universiteit Potchefstroom), Eben Pienaar (SABK), Dawie Roodt (Efficient Private Clients) en Nic Bronkhorst (Besturende Direkteur, Obaro Groep) het as sprekers tydens
die dag se verrigtinge opgetree.
Obaro se gehalte produkte is sedert Januarie 2017 aanlyn beskikbaar, wat beteken boere kan hul daag- likse benodighede sommer op die land vanuit ’n trekkersitplek by Obaro aankoop.
Obaro Aanlyn spog met bykans
7 000 produkte uit ’n verskeiden- heid kategorieë, wat onder meer die onderdele-, konstruksie-, elektriese -, brandbeskerming-, tuin-, hardeware-, huishoudelike-, besproeiings-, vee- en troeteldier-, meganisasie-, verf-, loodgietery- en algemene administrasiereekse insluit.
Aankope op Obaro Aanlyn is een- voudig en vinnig: ’search, add to cart, checkout’. Geen lang paaie, geen soektogte en geen lang rye nie. Om ’n drukpomp, kunsmis, of selfs ’n nuwe kampstoel aan te koop, was nog nooit so maklik nie. En Obaro lewer die produkte op jou
voorstoep af, maak nie saak hoe afgeleë die plaas is nie.
’Obaro is opgewonde om hierdie sprong na ’n digitale handelswinkel te neem. Obaro stap al vir langer as 86 jaar die pad saam met die boer en ons weet dat daar nie altyd tyd is om in die bakkie te spring om
’n vervangingspart vir ’n pomp of trekker te gaan aankoop nie. Obaro Aanlyn is bloot nog ʼn manier waar- op ons ons droom, naamlik om
die boer se besigheid op elke plaas te wees, verwesenlik,’ sê Nic Bronkhorst, die besturende direk- teur van Obaro. ’Met Obaro Aanlyn is ons reg langs elke boer, op elke plaas, gereed om saam te boer.’
Beleef die gerief van ’n aanlyn- koöperasie en besoek Obaro Aanlyn by www.obaro.co.za.
MAART | APRIL 2017 | 5


































































































   5   6   7   8   9