Page 41 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 41

Beauregard
Bophelo
Patats vir ’n gesonde leefstyl
Bophelo op die informele mark
Toetse gedoen op nege oranje variëteite se patats vanaf vier agro- geografiese areas, het ’n gemiddelde betakaroteeninhoud van
5 091 tot 16 456 g per 100 g gehad. Die LNR het die navorsing
in samewerking met die Mediese Navorsingsraad gedoen.
Nuwe LNR- patatlyne beskikbaar vir gelisensieerde kommersiali- sering.
Ses minerale se inhoud is verder bepaal en het die volgende getoon: wanneer ’n gekookte porsie van 100 g patats van hierdie oranje variëteite geëet word, is die potensiële inname meer as 100% van die aanbevole inname van vita- mien A, 27% van magnesium, 15% van sink en 11% van yster, vir die ouder- domsgroep vier tot agt jaar. Die kleur- en smaakaanvaarbaarheid van oranje variëteite is ook getoets deur Graad 1 - 7 leerders sowel as volwassenes. Dit het uitgewys dat oranje vlesige variëteite net so aanvaarbaar is as variëteite met ’n roomkleurige vlees.
Reënboogkleure
Die jongste toevoegings tot variëteite is patats met ’n aantreklike helder- pers skilkleur en gladde voorkoms wat per LNR-lisensie beskikbaar is vir kommersialisering.
Oranje patats kan net so in die skil gekook word en sonder toevoegings geëet word. Nie-versoete opdien-opsies sluit kerriepatats en patats met roosmaryn en geurmiddels in. Verskeie ander produkte kan gemaak word van patats, wat skyfies (slaptjips of harde skyfies), koekies, oliebolle, brood (vervang 20% van die koekmeel met patatpuree), blatjang en sap insluit. In die VSA het die mark vir patatskyfies geweldig gegroei,
wat uiteraard die produksie daarvan stimuleer.
Alhoewel oranje patats nog relatief onbekend is in Suid-Afrika, het die groentesoort die afgelope tien jaar veld gewen. Aangesien
dit soveel voordele inhou, soos ’n aantrek- like vleeskleur, hoër voedingswaarde en
die verskeidenheid produkte wat daar- van gemaak kan word, behoort meer aandag aan die gewas gegee te word om die potensiaal daarvan ten volle
te benut.
Verskillende kleure patats: ligoranje, wit en donkeroranje
Die gewone persskil patat, Blesbok
MAART | APRIL 2017 | 39


































































































   39   40   41   42   43