Page 40 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 40

Patats om van te kies en keur
Dr Sunette Laurie, Senior Landbounavorser, LNR-Groente en Sierplante
Patat, waar kom jy vandaan?
Oranje patats (ryk aan betakaroteen wat deur die mens se liggaam omgesit word in vitamien A) word internasionaal gebruik in gewasgebaseerde pogings om vitamien A-tekorte aan te spreek. As voedsel voorsien patats ook vitamien C, foliensuur, sekere B-vitamiene en minerale. Dit het boonop ook ’n lae glisemiese indeks (GI)-waarde.
As gevolg van ’n tekort aan variëteite met geskikte eien- skappe vir Suid-Afrikaanse toestande, het die Landbou- navorsingsraad (LNR) nuwe kultivars ontwikkel. Die eerste groep kultivars is gerig op die informele mark, waarvoor die vereistes ’n hoë droë massa, soet smaak, goeie stoor- kwaliteit en goeie opbrengs is. Daarom is die Bophelo- kultivar die voorloper in die groep. In die kommersiële mark word daar grootliks gebruik gemaak van die Amerikaanse kultivar, Beauregard, ook vir uitvoer. Die Beauregard- kultivar het ’n lae droëmassa, hoë opbrengs en egalige stoorwortels.
Die LNR bedryf steeds ’n patatskema wat kernmateriaal van gewilde kultivars aan die bedryf lewer. Siektevrye mate- riaal word op weefselkultuur in stand gehou. Afgeharde plantjies word uitgegroei tot welige rankgroei en van daar af word plantjies in saailaaie gemaak en verkoop. Toetse word deurgaans gedoen om te verseker dat die materiaal aan sekere siektetoleransievlakke voldoen. Hierdie kern- materiaal word aangekoop deur rankkwekers of deur pro- dusente vir die doel van vermeerdering.
Aanplanting van Bophelo te Roodeplaat
Wanvoeding, wat ’n tekort aan vitamien A
insluit, sowel as voedselsekerheid, is van nasionale belang in Suid-Afrika. Patats het die potensiaal om beide prioriteite aan te spreek, aangesien die gewas verskeie agronomiese voordele het. Van hierdie voordele sluit in dat dit gewild onder kleinboere is, omdat dit maklik groei en gehard is, en ook ’n gewilde gewas is vir die varsproduktemark.
Stappe in die patatskema: weefselkultuur; opgeleide plante in reuse potte; saailaaiplantjies wat aan die bedryf gelewer word.
38 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER
Shutterstock


































































































   38   39   40   41   42