Page 4 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 4

KYK IN MY OË – jy sal sterre sien!
Zeus, ’n uil, is as gevolg van ’n vroeë trauma bykans heeltemal blind gelaat. Die besering beteken dat die uil nooit vrygelaat sal kan word in die natuur nie, omdat hy nie kan jag nie. Die oog- besering is moontlik veroorsaak deur ’n roofdier en het die uil gelaat met glinsterende wit kolletjies in sy oë. Dié sterre-oë wek deernis by ’n ieder en ’n elk, maar het tog ook voordele omdat dit ’n bewustheid, sensitiwiteit en sorg aanwakker vir nie net die unieke uil nie, maar ook vir die bewaring van ander tipes wild- lewe en vir die omgewing. Zeus is tans in die sorg van Kalifornië se Wildlife Learning Centre en is goed aangepas en gelukkig.
www.earthtouchnews.com
’n (Meer)kat in hondegewaad?
’n Studie toon dat hiënas geneties meer kat as hond is en selfs nóg meer gene met meerkatte
deel – geen wonder hulle loop so kop-omlaag nie. Maar dis nie die einde van hulle ’skandes’ nie. Wel- pies word gewoonlik in pare van twee gebore en as hulle van dieselfde geslag is, sal hulle daar en dan probeer om mekaar dood te maak.
’n Span navorsers wat opgrawings in ’n grot naby Johannesburg gedoen het, het vyf mensehare in gefosseleerde hiëna-mis gevind wat ten minste
200 000 jaar oud is en die rekord van bestaande mensehare met sowat 190 000 jaar oortref. Om alles te kroon is die wyfies groter as die mannetjies en staan hierdie gedugte
karnivore onder die pantoffelregering.
www.goafrica.about.com (Julie 2016)
KOPKRAPPER van ’n tong!
Die Eurasiese groen houtkapper se tong is iets besonders. Dit is so lank dat dit aan die agterkant van sy skedel om, oor die oë en binne-in die regter- kantste neusgat om vou, om in die voël se kop in te pas. Die tong is ongeveer tien sentimeter lank – bykans ’n derde
van sy lyf se lengte. Die rede vir die houtkapper se unieke tong het te
doen met sy dieet, wat in die lente- en somermaande hoofsaaklik bestaan
uit miere. Hierdie lang tonge is ideaal aangepas om van mierneste wat diep
onder die grond is te kan oes.
www.eurekalert.org (Augustus 2016)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6