Page 37 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 37

Een derde van die kos wat ons daagliks eet is afhan- klik van heuningbye vir bestuiwing: hetsy direk soos die geval is by baie vrugtesoorte en neute, of indirek soos met oliesade en baie groentesoorte.
Die skrywer is van mening dat die meeste van die berigte oordrewe is. Byeboere is vindingryk en deur verskeie metodes van manipulasie kan swerms redelik vinnig vermeerder word. Bewys hiervan is die feit dat daar in die Wes-Kaap tans meer bye as ooit tevore is.
Heuningbye in Suid-Afrika se grootste ekonomiese bydrae lê in die bestuiwing van ’n groot verskeiden- heid voedselplante soos sagte vrugte, neute, verskeie groentesoorte, sowel as vir saadproduksie van onder meer sonneblomme en ander oliesade. Heuning- produksie is sekondêr.
Bestuiwingsbehoeftes in Suid-Afrika Bestuiwingsbehoeftes het oor die afgelope drie dekades konstant toegeneem en daar word bereken dat dit binne die volgende tien jaar sal verdubbel. Die verwagting is dat die grootste toename in aanvraag by die verbouing van makadamias en bloubessies sal voorkom.
Uitdagings vir plaaslike byepopulasies Hoewel die voortbestaan van byepopulasies waar- skynlik nie so desperaat is soos wat dikwels berig word nie, bestaan daar wel uitdagings vir die bedryf.
• Byeboere is oor die algemeen nie grondeienaars
nie en is dus van grondeienaars – hetsy private grond, staatsgrond, natuurbewaringsgebiede en bosbouplantasies – afhanklik vir staanplekke vir hul byekorwe.
• Suid-Afrika het ook nie genoeg nektarbronne om die groeiende vraag na bestuiwingseenhede te ondersteun nie. Heuningproduksie in Suid-Afrika het oor die afgelope 25 jaar gehalveer van 3 000 tot 1 500 ton, wat duidelik dui op ’n tekort aan nektarbronne. Droogtes en die vermindering van habitat, soos die uitgebreide verwydering van bloekombome, het ’n definitiewe rol hierin gespeel. Die groeiende getal bestuurde korwe moet dus meeding om krimpende nektarbronne.
• Vandalisme en diefstal het drasties toegeneem.
• Die toediening van chemiese middels tydens
bespuiting van oeste is ook ’n bron van kommer. Selfs die nie-giftige middels is soms nadelig vir bye weens die onaanvaarbare reuk wat die feromoon- kommunikasie binne die korf belemmer.
Die waardevolle rol van grondeienaars Produsente, sowel as elkeen met ’n kleinhoewe of huistuin, kan ’n belangrike rol speel om ’n by- vriendelike omgewing te skep met die plante wat aangeplant word.
Dit is vergesog en nie ekonomies haalbaar nie, om plante te kies met die uitsluitlike doel as nektarbron vir bye. Maar daar bestaan wel ’n wye verskeiden- heid plante wat ekonomies net so goed of selfs beter as ander gewasse sal presteer. Voorbeelde hiervan is dekgewasse, soos wieke en wit soetklawer. Verder kan bome en struike wat by-vriendelik is in die huis- tuin geplant word.
Onbewerkte, ou lande en grond wat braak lê kan weer produktief gemaak word deur die plant van eenjarige by-vriendelike plante wat hulleself herves- tig. Wit soetklawer is weereens ’n goeie voorbeeld. Dit bevorder nie net die grondvrugbaarheid nie, maar die plant se sterk wortelstelsel verbeter ook die waterhouvermoë. Dit geld ook vir ander dekgewasse.
Suid-Afrikaners is bekend vir hul vindingrykheid. Voedselsekerheid vir ’n groeiende bevolking is afhanklik van beter opbrengste per hektaar. Deur innoverende denke kan ’n bydrae gemaak word om te voorsien in die groeiende bestuiwingsbehoeftes om in hierdie opbrengsdoelwitte te ondersteun.
MAART | APRIL 2017 | 35


































































































   35   36   37   38   39