Page 35 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 35

the evidence of your accomplishment is not visible change, but lack of it.’
Dit is ook die mening van Van Zyl, naamlik dat as jy ’n 240 kg kalf speen met die genoemde drie fasette in plek, het jy die ideaal bereik.
Soos met elke eienskap is daar altyd ’n rigting (doelwit) en ’n bestemming.
Rigting:
’n Teelprogram wat ’n rigting het sonder ’n bestemming sal voortdurend poog om eienskappe verder te laat toeneem of afneem. Neem byvoorbeeld speenmassa. So ’n program sal eers mik vir 230 kg, dan vir 250 kg en dan vir 300 kg. Die eerste sprong sal dalk maklik wees, maar dit word algaande al hoe moeiliker en duurder. Die nadeel van slegs rigting met ’n eienskap soos speenmassa is dat, wanneer jy by die optimum punt verbygaan, die volgende onafwend- baar is: die onderhoudskoste en koeigrootte neem toe, so ook geboortegewig en die gepaardgaande kalfprobleme. Kuddevrugbaarheid en effektiwiteit neem af, en word uiter- aard gevolg deur ’n afname in die belangrikste element, naamlik winsgewendheid.
Bestemming:
Produsente wat beide ’n rigting en ’n bestemming het, weet wat dit beteken om wins te maksimaliseer. Hulle weet wat- ter grootte en tipe optimaal is vir hulle omgewing. Hulle weet wat die optimumvlakke vir geboortegewig, groei en melkproduksie is. Dit word in alle teelbesluite in ag geneem. Die produsent weet dat daar antagonisme bestaan tussen die ekonomiese eienskappe, soos dat oordrewe groeitempo ’n negatiewe effek het op kalwingsgemak, vrugbaarheid en onderhoudsbehoefte. Hierdie produsent besef ook dat daar kompromieë tussen eienskappe moet wees. Daar kan slegs vir ’n sekere hoeveelheid groei, bespiering en melk geselekteer word sonder negatiewe gevolge. Die optimum resultaat lê dikwels iewers in die middel. Die wonderlike uiterstes waarmee die beesbedryf so spog, is nie altyd die mees winsgewende nie.
Baie beesboere fokus egter slegs op swaarder en swaarder speenmassa, hoewel dit nie noodwendig meer winsgewend
is nie. ’n Verhoging in speenmassa kom altyd teen ’n koste. Vir elke swaarder bulkalf is daar ’n swaarder verskalf. Die resultaat daarvan om oor jare slegs vir groei te selekteer, is groter, laat-ryp koeie, wat nie die pas winsgewend kan volhou as die voedingspeil (ekstras) nie verhoog nie.
Hoe sou die ideale speenkalf dan lyk? Dit is ’n lewenskrag- tige kalf wat gebore word met ’n massa van 33 tot 39 kg en wat teen een kilogram per dag groei vir 205 dae. Dit bereik ’n werklike massa van ongeveer 240 kg op speen- ouderdom, waarteen die voerkrale nie diskrimineer nie. Hierdie speenkalf kan na afronding ’n superkarkas van 250 tot 270 kg lewer.
Wat verder van belang is, is dat die oorgrote hoeveelheid van die vroulike diere wat deel van die kalwer-oes is, gesogte vroegryp, vrugbare vervangingsverse is. Hulle ontwikkel in top vroulike diere wat vir die volgende 10 jaar elke jaar ’n 240 kg speenkalf lewer, met die minimum bykomende insette.
Sou jy jaarliks die bogenoemde posisie met jou speen- kalwers bereik, is jy in die optimale posisie. Die volgende uitdaging is dan om hierdie kalwers so winsgewend as moontlik te produseer.
Ter opsomming
Onthou dat die ideale speenkalf meer is as net die kilo- gramme wat op die vragmotor klim. Maak seker dat jy weet wanneer jy die optimale punt bereik het, wat nie noodwendig die swaarste kalwers is nie, maar eerder kalwers met die hoogste winsgewendheid.
Wanneer jy dan jou doelwit bereik het, probeer
dit handhaaf terwyl jy koste besnoei (met minder insette) of seleksiedruk verhoog, byvoorbeeld met korter kalfseisoene, om so winsgewend as moontlik te boer. Die maatstaf van winsgewendheid bly kalwers gespeen teenoor koeie gepaar.
MAART | APRIL 2017 | 33


































































































   33   34   35   36   37