Page 34 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 34

Die ideale speenkalf
’n Boer, Gerrit van Zyl, van Hanzyl Bonsmaras, deel sy sienings.
Wat is die ideale speenkalf? Dit is sekerlik een van die mees bespreekte onderwerpe in die geskiedenis van beesboerdery. Daar is al vele ure rondom die braaivleisvuur gekibbel oor watter ras die kroon
as speenkalfkoning dra, juis omdat dit spesifiek die kommoditeit is wat die beesboer, veral in
Suid-Afrika, bemark.
Die kenmerke van ’n ideale speenkalf lê in meer as bloot die gewig van die individuele kalf wat gespeen word. Tot op speentyd is hierdie kalf
die resultaat van sy ma se melk, asook van sy eie genetiese groei- vermoë. Vir volhoubare vleisbeesboerdery is dit egter belangrik
hoe die kalwers in die volgende verskillende fasette presteer. Dit sluit in:
1. Dieprestasieindievoerkraal:Kandiekalfwinsgewend afgerond word? Is voerkrale bereid om ’n premie te betaal vir die kalf?
2. Hoesuksesvolkandiespeenkalfopgeneemwordinweiding- afronding- (’background/long weaning)’ of os-produksie- stelsels?
3. Isdievroulikegedeeltevandiekalwer-oesgesogasvervang- ingsverse en word hulle uiteindelik goeie moeders?
Die rol van heterose (basterkrag)
Dit is ’n bekende feit dat heterose waarde toevoeg ten opsigte van speenmassa, maar die uitdaging lê in die vervanging van
verse oor ’n lang termyn.
’n Goed beplande driehoekkruising lewer goeie resultate. Die probleem is egter dat baie kruisteelprogramme uitloop op
verbastering, wat die voordele van hierdie tegniek kansel- leer. Deur middel van doelgerigte teling is hierdie probleem
egter oor die jare in die Bonsmara-ras uitgestryk en vandag kry die produsent die voordele van basterkrag tesame met vroulike diere wat gesog is as vervangingsverse.
Rick Bourdon, van die Colorado Staatsuniversiteit, het die volgende opinie oor kruisteling: ’To breed
for optimum levels means to have a target in sight beyond which you don’t want to go. If your goal is to maintain an optimum level for any trait,
32 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   32   33   34   35   36