Page 32 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 32

Produkfokus
Sny nou nóg skoner en vinniger met CLAAS DISCO 2750, 3150 en 3550 MAX CUT
’n Skoon snit, hoë werkverrigting en betroubaarheid onder alle toestande is die ontwerpmikpunt waaraan CLAAS skitterend voldoen met sy nuwe MAX CUT-snystaaf.
Die nuwe snystaaf se bed, of onderbou, is van een stuk trekvaste staal met ’n 3 000 ton pers gevorm. Die bed en boonste bedekking word saam gemasjineer om maksimum presisie te verseker.
Die boonste deksel en bed is aanmekaar gebout met spesiale kartelskroewe wat soos klinknaels werk, en al die boutkoppe is versink om metaal-
uitputting of skeeftrekking, as gevolg van sweisspanning, te voorkom.
Die MAX CUT-snyerstaaf se golfeffek maak dit moontlik dat die snyskywe ver vorentoe geplaas kan word om groter oorvleueling te bewerkstellig en om die lemme meer sny- tyd te gee. Dit maak dit ook moontlik om die snyer in minder digte gewasse teen ’n laer kragaftakkerspoed te gebruik. In sulke omstandighede kan die MAX CUT, sonder om die snygehalte te benadeel, teen ’n kragaftakkerspoed van 460 RPM gebruik word, wat tot 20% brandstof bespaar teenoor die normale 540 RPM.
Die MAX CUT is ook toegerus met groot skywe en Hardox- bedekte bladvere waaraan die snelpas- lemme gemonteer is. Dit verseker lae sly-
tasie en hoë funksionele betroubaarheid. Verharde skrapers onderaan die skywe hou die snyerstaaf onder die skywe skoon om oormatige wrywing en die opbou van grond onder die skywe te verhoed.
Alle MAX CUT-snyers is ook met ekstra wye glysleë toe- gerus om grondverdigting en skade aan plante te vermin- der. Die sleë is van 6 mm Hardox-staal gemaak.
Hoër sleë is ook beskikbaar vir snywerk op klipperige lande, of wanneer die boer gewasse hoër wil afsny.
Elke snyskyf aan ’n MAX CUT-snyer het ’n veiligheidskakelmodule wat op ’n vasgestelde plek kan afbreek om moontlike skade aan die aan- dryfstelsel te verhoed as die snyer ’n groot klip of iets soos ’n ysterpaal tref.
Die MAX CUT se aandryfkrag word deur V-bande oorgedra om ultra-gladde werking en die uitskakeling van ragpieke
te verseker. Die eerste skyf word regstreeks aangedryf. Dit skakel die nodigheid van ’n ratkas met ’n binneskoen wat verstoppings kan veroorsaak, uit.
Nog ’n eienskap wat snywerk met alle CLAAS DISCO-snyers makliker maak, is dat dit nie nodig is om die trekker se driepunthyser te gebruik om die snyer op die wen- akker op te lig nie – die DISCO het ’n eksterne enkelhefboombeheer- stelsel wat dit vir die draaislag oplig.
Vir meer inligting oor Claas se voortreflike snyers wat jou help om die vinnigste en mees doeltreffende wyse te werk, praat met Michael Howell of Etienne van Wyk by 043 703 3100, of stuur ’n e-pos na Michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za. Besoek ook www.claas.co.za.
30 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   30   31   32   33   34