Page 25 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 25

Die Grondwet van Suid-Afrika en die wette wat daaruit spruit gee erkenning aan die belangrike rol van beide die ekologiese en minerale bronne in die ontwikkelingspad wat gebou is op die sosiaal regverdigbare, omgewingsvolhou- bare en ekonomies doeltreffende gebruik van hierdie bronne.
Mynbou- en biodiversiteitsriglyn
Die departemente van omgewingsake en minerale hulp- bronne se Mynbou- en biodiversiteitsriglyn het ’n instrument
verskaf om volhoubare ontwikkeling van Suid-Afrika se minerale hulpbronne te fasiliteer, op ’n manier wat reguleer- ders, die industrie en praktisyns in staat kan stel om die impak van mynbou op die land se biodiversiteit en ekosis- teemgoedere te verminder.
Die onderstaande tabel dui die vier kategorieë van die biodiversiteits-prioriteitsareas aan, met elkeen se bio- diversiteitsbelangrikheid en implikasies vir mynbou.
Kategorie
A Wetlik beskermd
Biodiversiteitsprioriteits- gebiede
Beskermde gebiede (insluitende nasionale parke, natuurreservate, wêrelderfenisgebiede, beskermde omgewings)
Risiko vir mynbou
Mynbou is verbode
Implikasies vir mynbou
Mynbouprojekte kan nie ’n aanvang neem nie, siende dat mynbou wetlik verbode is. Alhoewel mynbou verbode is in beskermde gebiede, mag dit wel toe- gelaat word in beskermde omgewings indien die minister van minerale hulp- bronne en die minister van omgewing- sake dit goedkeur.
In gevalle waar myn-aktiwiteite wettig was in beskermde gebiede voordat Seksie 48 van die Beskermde Gebiede- wet 57 van 2003) in werking getree het, mag die minister van omgewingsake, na konsultasie met die minister van mine- rale hulpbronne, die mynaktiwiteite laat voortduur, afhangend van die voorge- skrewe voorwaardes om die omgewings- impakte te verminder.
Omgewingskeuring, omgewingsimpak- studies (EIA) en die geassosieerde spesialistestudies behoort te fokus op die bevestiging van die teenwoordigheid en betekenis van hierdie biodiversiteits- kenmerke en om ’n terrein-spesifieke basis te verskaf waarop ’n versagtende hiërargie toegepas kan word vir die regulatoriese besluitneming vir mynbou, watergebruikslisensies en omgewings- goedkeuring.
Indien hierdie gebiede as sodanig beves- tig is, is die moontlikheid van ’n fatale fout baie hoog, weens die belangrikheid van die biodiversiteitskenmerke in hierdie gebiede en die geassosieerde ekosisteemdienste. Hierdie gebiede word beskou as noodsaaklik om die beskerming van die biodiversiteit, omgewingsvolhoubaarheid en menslike welsyn te verseker.
’n Omgewingsimpakstudie behoort die strategiese assessering van die optimum volhoubare landgebruik vir ’n spesifieke gebied in te sluit en sal die belangrikheid van die impak op biodiversiteit bepaal.
Hierdie assessering behoort die volgende in ag te neem: die omgewingsensitiwiteit van die gebied, die algehele omgewings- en sosio-ekonomiese koste en voordele van mynbou, asook die potensiële stra- tegiese belangrikheid van die minerale vir die land.
B Hoogste biodiversi- teitsbelangrikheid
Krities bedreigde en bedreigde ekosisteme
Kritiese biodiversiteitsgebiede in terme van provinsiale ruimtelike biodiversiteitsplanne
Rivier en vleiland varswater- ekosisteem-prioriteitsgebiede (’FEPAS’) en ’n een kilometer buffer om hierdie gebiede
RAMSAR-gebiede
Hoogste risiko vir mynbou
MAART | APRIL 2017 | 23


































































































   23   24   25   26   27