Page 17 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 17

Die hoë mate van eenvormige waterverspreiding wat drup- besproeiing bied, insluitend op heuwelagtige oppervlaktes, sowel as in die geval van lang plantlengtes, het tot gevolg dat water op die volgende wyses bespaar word:
• Drupbesproeiing se waterlewering is meer as 95% eenvormig;
• Anders as sproeiers of sentrale spilpunte word die water direk op die grond en by die wortelstelsel toegedien, wat vermorsing van water wat deur wind weggewaai word, verminder;
• Drupbesproeiing kanselleer die afloop van oortollige water;
• Dit pas aan by enige onreëlmatige grondoppervlaktes, asook verskillende grondtipes en areas met hellings;
• Drupbesproeiing bevorder die ontkieming van sade, wat die vroeë stadiums van gewasgroei meer doeltreffend maak.
Afhangende van die gehalte van die water kan stelsel- onderhoud op een van twee maniere gedoen word: waar alge vorm word chloor gebruik; in die geval van water met ’n hoë kalkinhoud word ’n suurbehandeling gebruik om druppers en druplyne skoon te hou en sodoende verstop- ping te voorkom. Hierdie behandelingsmetodes is baie voordelig vir gebiede wat gebuk gaan onder water van swak gehalte.
Die sukses van die stelsel is in ’n hoë mate afhanklik
van goed gefiltreerde water. Sand- of skyffiltrering met
’n filtreringsgraad van minstens 125 mikron word aanbeveel.
Ondergrondse drupbesproeiing
Ondergrondse drupbesproeiing is ’n gespesialiseerde stelsel waar die besproeiingsproduk ondergronds geïnstalleer word. Algemene voordele van ondergrondse drupbesproeiing sluit in verhoogde opbrengs, die verbetering van gewasgehalte en ook ’n meer doeltreffende gebruik van die hulpbron. Ondergrondse drupbesproeiing is die ideale manier om water toe te dien in droë omstandighede.
Toro Aqua-Traxx
Die Aqua-Traxx premium drupband is ’n innoverende besproeiingsproduk. Aqua-Traxx bied ongeëwenaarde weer- stand teen verstopping; dit lewer presiese plasing van water en vloeibare kunsmis en is duursaam. Met emittorspasiëring van 10 tot 60 cm (prys word nie beïnvloed deur spasiëring nie) kan die presiese toediening en plasing van water gereguleer word na gelang van die gewasbehoefte en
Insetdruk dieselfde
grondgehalte. Die produk is beskikbaar teen ’n groot ver- skeidenheid van vloeitempo’s, met ’n keuse van wanddiktes.
Toro Neptune
Neptune is geskik vir seisoenale - en meerjarige gewasse weens die verskeidenheid wanddiktes beskikbaar. Omdat Neptune duursaam is maak dit die proses van installasie en herwinning makliker. Die produk het ’n merkwaardige vermoë om verstopping te weerstaan en daarom is dit moontlik om dit permanent ondergronds te gebruik.
Funksies en voordele:
• Hoogs bestand teen verstopping
• Hoë vlak van duursaamheid
• Blou streep vir aanduiding van korrekte plasing
volgens spesifikasie
• Presisieprestasie
• Beskikbaarinlaevloeitempo’s
• Beskikbaar in verskillende wanddiktes
• Beskikbaar in verskillende binnedeursneë • Werk met druk van tussen 0,4 en 2 bar.
Die Neptune PC (’pressure compensating’) druppyp het geïntegreerde teen-suiging (’anti-siphon’) en teen-drei- nerings (’anti-drain’)-druppers, wat ’n konstante vloei- tempo waarborg, selfs wanneer die druk verwissel. Dit maak dit moontlik om gemete hoeveelhede water en voeding- stowwe te versprei na die verkose areas.
Die teen-suiging-stelsel maak dit moontlik om suiging te verminder waar dreineringsverwisseling nodig is en voor- kom dus dat daar vuilheid terug in die pyp gesuig word. Die teen-suiging-stelsel kan ook gebruik word vir onder- grondse drupbesproeiing.
Die teen-dreineringsfunksie help om die tyd te verminder wat dit neem om die pyp weer met water te vul. Weens hierdie funksie sal die drupper sluit wanneer die drupstelsel afgesit word en die drupstelsel sal dus nie druk verloor nie.
Neptune-emittorvloei en -druk
1,5 1,4 1,3 1,2 1,1 1,0 0,9 0,8 0,7 0,6 0,5 0,4 0,3 0,2 0,1
0
6 8 10 12 14 16 18 20 22 24 26 28 30
Druk (psi)
0,16 Gph 0,25 Gph 0,30 Gph 0,47 Gph 0,75 Gph
Toro besproeiingsprodukte is beskikbaar by al die Obaro winkels. Vra gerus vir verdere inligting by u naaste winkel.
Vir meer inligting oor drupbesproeiing, Aqua-Traxx en Neptune kan ons webtuiste besoek word by www.turf-ag.co.za, of kontak vir Liesel by liesel@turf-ag.co.za .
MAART | APRIL 2017 | 15
Vloeitempo (Gph)


































































































   15   16   17   18   19