Page 13 - Spilpunt Mrt/Apr 2017
P. 13

’n maksimum van 12 tot 15% vog teenwoordig is voor die gras gebaal word. Wanneer die stingelvoginhoud te hoog is, kan dit tot groot verliese en bederf lei.
• Maak seker dat die gesnyde hooi in windrye van een- vormige wydte gepak word tydens die deurlugtingsproses, om te verseker dat bale ’n konsekwente vorm en digt- heid het. Dit is ook belangrik dat windrye nie te groot
is nie, want dit kan bydra tot betekenisvolle verliese.
• Die optelmeganisme moet nie te laag gestel word nie,
anders kan die gras met grond gekontamineer word. Grondkontaminasie verhoog die as-inhoud van gras, wat die verteerbaarheid daarvan beïnvloed.
• Monitor die baal se digtheid. Dit verseker dat die baal sy vorm behou en verskaf maksimum beskerming teen die elemente.
• Maak seker dat die baler se grasinvloeitempo konstant bly. Dit help om die vog uit ronde grasbale te verwyder en die stapeleienskappe van klein bale te verbeter.
Hoe om verliese te beperk
Verliese van hooi en hooigehalte kan deur verskeie faktore veroorsaak word:
• Fermentasie:Verliesekomvoorsodradiegewasgesny
word as gevolg van ensimatiese oksidasie. Grasse wat swak voorberei is, of baie muf bevat, sal lei tot swak inname of diere sal weier om dit te vreet. Gemufde gras kan ook mikotoksiene bevat wat skadelik is vir diere.
• Swak deurligting: Sodra dit gesny word begin die gras se gehalte afneem. Indien gras nie genoeg deurlug word om ontslae te raak van die fermentasiehitte nie, kan ernstige skade berokken word. Ensimatiese oksidasie van plantsappe en die aktiwiteit van bakterieë en muf op die plantmateriaal-oppervlakte veroorsaak ook verliese.
• Meganiese blaarverlies vind plaas tydens deurlugting en die oormatige hantering van die hooi.
• Logingvanvoedingstowwe:Indiengesnydegras natreën voordat dit gedroog en gebaal word, sal voedingstowwe, wat die gehalte van die gras
bepaal, verlore gaan. Die herbenatting van gedeeltelik- gedroogde hooi lei egter tot meer verliese as wanneer varsgesnyde gras natreën. Indien dit onvermydelik is dat gesnyde - en half-gedroogde gras natreën, is dit belangrik om vir eers groter windrye te maak.
• ’n Vaardige en ervare operateur kan ook grasverlies en -bederf tot ’n minimum beperk.
Die droogte se invloed
Die aanvraag na hooi die afgelope twee jaar as gevolg van voertekorte weens droogtetoestande, het daartoe gelei dat enige vorm van gesnyde en gebaalde gras aan die mark gelewer is. Dit het veroorsaak dat swak gehalte hooi, soms strooi, teen ’n premie verkoop is aan desperate en soms onkundige kopers. Onkundige kopers was soms nie bewus van die feit dat hulle swak gehalte hooi aangekoop het nie en was dan teleurgesteld met wat hulle kry as hulle die baal oopmaak, of as diere nie daaraan wil vreet nie, of wanneer diere selfs kwale opgedoen het as gevolg van die gehalte daarvan nie. Kopers moet hulself oplei in hierdie verband en seker maak dat hulle by betroubare bronne hooi koop.
Uitvoergeleenthede
Daar is wel geleentheid om aan ’n groeiende uitvoermark te voorsien. Internasionale kopers van regoor die wêreld
is op soek na hoë gehalte hooi wat vergelykbaar is met die gehalte wat in ander lande beskikbaar is. Vir sulke kopers is kwaliteitsertifikate en ’n vergelykbare internasionale voergehalte-indeks ’n belangrike maatstaf.
Met hierdie in gedagte het Grass SA, in samewerking met die Universiteit van Pretoria (UP) en Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), ’n nasionale hooigehalte-toetsprogram geloods. Die doel van die program is om, Suid-Afrikaanse produksiefaktore in ag genome, ’n internasionale relatiewe voerkwaliteits-indeks (RVKi) aan te pas vir al die hooispesies wat nasionaal en internasionaal in aanvraag is. Hierdeur sal hooi gegradeer en gesertifiseer word volgens onafhank- like gehaltekriteria, om beide die goeie grasprodusent en onkundige kopers te beskerm.
Daar is tans ook verskeie navorsingsprojekte deur UP se Natuur, Landbou en Veeartsenykunde Fakulteite (Onder- stepoort) tesame met TUT, met die ondersteuning van die bedryfsmaatskappy, AlfaAlpha, om nuwe preserverings- tegnologieë se kwaliteitsfaktore te toets. Die doel is om seker te maak dat goeie gehalte hooi verskaf word aan waardevolle landboubedrywe soos byvoorbeeld die groeiende eksotiese wildbedryf, die perdebedryf en die melk- en vleis- beesbedrywe, aangesien elkeen van die bedrywe verskil- lende gehalte ruvoer benodig.
Vir meer inligting stuur ’n e-pos na admin@grasssa.co.za.
Shutterstock
MAART | APRIL 2017 | 11


































































































   11   12   13   14   15