Page 4 - Spilpunt Jan/Feb 2017
P. 4

Koeie wat jou onder
die tafel in drink
Ongeag hoe aanvaarbaar die idee is, wil dit voorkom of bier nie net goed is vir jou diere nie, maar dat hulle ’n taamlike smaak kan ontwikkel vir ’n slukkie ’sonde’.
Gerugte doen die rondte dat Kobe en Wagyu-beeste se eetlus aangewakker word met ’n koue enetjie en selfs perde, varke en eende is al uitgewys as belustig. Onlangs is ’n groep koeie in Boxford, Massachusetts, op kamera vasgelê waar hul
’n partytjie onderbreek het om, soos stoute tieners, bier van die piekniektafel af te gaps. Die ses koeie het ongenooid by die samekoms opgedaag en is later terug veld toe begelei deur die polisie.
www.modernfarmer.com (Augustus 2016)
’How did the chicken cross the road?’
Die wilde voorvader van mak hoenders is endemies aan Noord-Indië, suidelike China en Suidoos-Asië, waar dit 6 000 tot 8 000 jaar gelede gedomestiseer is.
’n Weggooi-hoenderbeen, nog geëts met tandbyt- merke van ’n aandete duisende jare gelede, verskaf waardevolle leidrade oor die belang van die Rooi See en Oos-Afrika-handelsroetes om hoenders aan die Afrikakontinent bekend te stel.
Radiokoolstofdatering van ongeveer 30 hoenderbene wat opgegrawe
is op die terrein van 'n antieke boerderydorpie in hedendaag- se Ethiopië werp nuwe lig op
die rol van antieke landbou- en handelskontakte
tussen Afrika en Europa.
www.wustl.edu (November 2016)
Wie sorg vir die ietermago’s?
Die ruie grasvelde van Zimbabwe is die weg- kruipplek van ’n rare en baie skaars soogdier:
die ietermago. Hoewel weinig mense nog die voorreg gehad het om die unieke en besondere dier in sy natuurlike habitat te aanskou, loop dit
reeds die pad van uitwissing. Ietermago’s word onwettig verhandel vir die skubbe, as bosvleis en vir medisinale doeleindes. Dit is tans die mees
verhandelde dier in die wêreld en statistieke toon dat daar elke vyf minute een van hierdie
diere doodgemaak word.
Die Tikki Hywood Trust ondersteun ’n groep Zimbabwiër-mans wat met die rehabilitasie van
gevange ietermago’s help. Al is dit ’n vreemde idee vorm die versorgers met groot deursettings-
vermoë ’n baie noue band met die ’weeskinders’ en dra hulle rond en beskerm hulle asof dit hulle
eie kinders is.
www.beautifulnews.news24.com (November 2016)
2 | Spilpunt IN LYN MET DIE BOER


































































































   2   3   4   5   6